top of page
Search
  • grandesmentesgm

Outisme boffin soos ek? | Autism genie like me?














Ek besef dis weer tyd om bietjie iets te skryf en ek besluit ek wil oor outisme skryf. So sit ek voor die skootrekenaar en besef ek weet absoluut niks oor outisme nie. Ja, ek het al te doen gekry daarmee, maar waaroor dit gaan, hoe dit werk ens. weet ek niks van nie.


As jy net so outisme boffin soos ek is, is hierdie net die blog inskrywing vir jou!


Wat is outisme?


Outisme is nie so eenvoudig soos "My kind het outisme" nie. Mens praat eerder van die outisme spektrum, wat beteken dat outisme baie onder afdelings het. Soos wat ek lees word daar van 3 tipes outisme gepraat. Ek gaan maar die engelse terme gebruik omdat ek bang is Translate vertaal dit verkeerd.

  1. Asperger sindroom

  2. Childhood disintegrative disorder

  3. Pervasive development disorder

Ek gaan oor die loop van die volgende paar weke bietjie meer oor outisme lees en skryf. Soos ek dan nuwe dinge raak lees gaan ek dit stukkie met julle deel. Vandag is egter net: hoe lyk outisme?


Dit is baie belangrik om te onthou dat hierdie nie die goue reel is nie. Nie alle kinders wat outisme het, het al daardie goed nie. Nes enige ander Neurologiese afwyking is elke kind anders en uniek op sy/haar eie manier.


Hoe lyk outisme?


Die mees algemene kenmerk van outisme is dat hierdie kinders sukkel met sosiale interaksies en dat hulle baie herhalende en obsessiewe gedrag toon.

Dinge soos gewone alledaagse gesprekke met mense, is alles behalwe gewoon vir kinders met outisme.


Kyk hier na hoe hierdie kinders dikwels optree en reageer in sosiale omstandighede:

  • Reageer nie as mens hul op hul naam roep nie

  • Vermy oogkontak

  • Vind dit moeilik om ander se gevoelens te verstaan

  • Vind dit moeilik om oor eie gevoelens te praat

  • Geen spraak of spraak wat nie baie vloeiend is nie

  • Party is nie so goed ontwikkel in taal- en spraakvaardighede

  • Sukkel om nie verbale tekens te verstaan (weet nie wat dit beteken as koebaai gewaai word)

  • Sukkel om lyftaal te lees

  • Verstaan nie altyd stemtoon

  • Praat op 'n singerige manier oor hulle belangstelling


Wat obsessiewe gedrag betref kan mens die volgendie goed oplet:

  • Herhalende bewegings: waai arms, wieg van kant tot kant, draai in die rondte

  • Raak besig met voorwerpe op 'n speelding soos wiele van kar

  • Stel vreeslik baie belang in spesifieke onderwerp soos karre, dinosourusse, vliegtuie

  • Baie erg oor roetine - een iets wat buite die normale is kan hulle hele dag omvêr gooi - kan selfs lei tot woedeuitbarstings


Totsiens


Die bogenoemde goed is bloot dinge wat ek opgelees het. Ek is nie 'n geregistreerde persoon wat daarmee werk nie, dus is my kennis maar minimaal. Ek hoop dat julle saam met my sal stap om meer oor outisme te leer en dit miskien beter sal verstaan.



 

I realized that it's time to write again and decided that I want to write about autism. As I sit in front of my laptop, I realize I know absolute nothing about autism. Yes, I've dealt with some possible autism cases, but that's as far as it gets.


So if you are a autism genie like me (that knows nothing) this one is just for you!


What is autism?


Autism is not as simple as "My child has autism". One rather speaks of the autism spectrum, which means that autism has a lot of sub-sections. I read about 3 types of autism.

  1. Asperger syndrome

  2. Childhood disintegrative disorder

  3. Pervasive development disorder

I will be reading and writing a little more about autism over the next few weeks. As I discover new things I will share it with you. Today, however, is just: what does autism look like?


It is very important to remember that this is not the golden rule. Not all children with autism have all those things. Like any other Neurological disorder, each child is different and unique in his / her own way.


How does autism look?



The most common feature of autism is that these children struggle with social interactions and that they exhibit very repetitive and obsessive behaviors.

Things like ordinary everyday conversations with people are anything but ordinary for children with autism.


Here's how these children often behave and react in social situations:

  • Do not respond if you call them by their name

  • Avoid eye contact

  • Find it difficult to understand the feelings of others

  • Find it difficult to talk about their own feelings

  • No speech, or speech that is not very fluent

  • Some are not so well developed in language and speech skills

  • Struggles to understand verbal signs (do not know what it means when you wave goodbye)

  • Struggles to read body language

  • Do not always understand tone of voice

  • Talk in a singing way about their interest

Regarding obsessive behavior, you can pay attention to the following:

  • Repetitive movements: waving arms, rocking from side to side, turning around

  • Engage obsessively in objects on a toy like car wheels

  • Very interested in specific topics such as cars, dinosaurs, airplanes

  • Needs very strict routine - one thing that is out of the ordinary can throw their whole day - can even lead to outbursts of anger

Goodbye


The above mentioned stuff is just things I read about. I am not a registered person working with it, so my knowledge is minimal. I hope you will walk this journey with me to learn more about autism and perhaps understand it better.


Resources

17 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


Post: Blog2_Post
bottom of page